Kansasrivier

Kansasrivier
Die Kansasrivier naby De Soto.
Die Kansasrivier naby De Soto.
Die Kansasrivier naby De Soto.
Kaart van die Kansasrivier-bekken in Noord-Amerika.
Stroomgebied Verenigde State van Amerika
Hoofrivier Mississippirivier
Oorsprong Geary County
Sytak -links Big Blue, Republican, Solomon
Sytak -regs Smoky Hill
Monding Missouririvier in Wyandotte County
Koördinate: 39°6′55″N 94°36′38″W / 39.11528°N 94.61056°W / 39.11528; -94.61056

Die Kansasrivier (Engels: Kansas River), in die sentrale deelstaat Kansas in die Verenigde State, vloei in 'n oostelike rigting as een van die takriviere van die Missouririvier met 'n lengte van slegs 185 kilometer van sy oorsprong in Geary County tot by sy monding in die Missouririvier in Wyandotte County. Die rivier maak deel uit van die Jefferson-Missouri-Mississippi-rivierstelsel, die grootste in Noord-Amerika en een van die grootstes ter wêreld – met 'n totale lengte van 6 300 kilometer (3 900 myl) is dit die vierde langste ter wêreld, en volgens sy afloop van 2 445 m³/s (86 340 ft³/s) die tiende grootste ter wêreld.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search